Reviews

review2

"Na ‘n lang gesoek na nie net my trourok nie, maar na ‘n ontwerper wat luister na die bruid se behoeftes en prentjies in haar kop, het ek die regte person gevind.

Vandat ek voet in Ilse Roux Bridal gesit het, en ek die eerste paar rokke oor my kop getrek het, het sy dadelik opgetel wat my voorkeure en afkeure was, sonder dat ek ‘n woord gese het. Ek het geweet ek is in goeie hande.

Dit het gevoel asof dit die plek is waar hulle tot die beste van hul vermoë gaan prober om vir my ‘n rok te ontwerp wat nie net op ‘n voorblad gaan hoort nie, maar wat ook elke deeltjie van my lyf gaan komplimenteer. Dit was belis die geval. My rok was ‘n refleksie van dit wat my vol selfvertroue en mooi laat voel het."

Matrlie Strydom
April 2022
review1

"Van graad 9 af het ek en Chene al beplan dat jy haar droomrok moet maak vir die matriekafskeid! Met ons eerste afspraak by jou het jy vir Chene so goed opgesom en het jy ‘n pragtige ontwerp voorgestel wat haar 100% pas. Sy wou stylvol en pragtig voel en lyk op haar groot aand, en jy het seker gemaak sy lyk asemrowend mooi daardie aand! Sy het gestraal! DANKIE!

Jy het soveel moeite gedoen met ons laaste pas, veral om seker te maak niks is uit plek nie, en dat alles perfek sit en lyk! Ek en Chene was nie een keer bekommerd oor die rok nie, ons kon nie vir ‘n meer professionele ontwerper gevra het nie!

Ek bring verseker vir kleinsus ook na jou toe oor ’n paar jaar..."

Liezel Dry
2022
review3

"Ons matriekrok ervaring was een groot lekkerte! Van die dag wat ons by jou ingestap het tot die dag wat ons Mine se rok kom optel het! Ek sal dit enige dag weer wil oor he! Jy was professioneel, maar het ons op ons gemak laat voel en baie kosbare raad gegee! Baie van daardie raad het gekom van jare se ervaring, maar dit was so mooi om te hoor dat tog so baie van daardie wyse raad tog maar ‘n ma se woorde is wat praat! Die eerste afspraak was seker maar die belangrikste!

Mine kon net wees en jy het help vorm op papier aan dit waarvan sy net kon droom! Op ons uitstappie stad toe vir materiaal het lap en design mekaar ontmoet en ons het uitgesien na elke afspraak wat jy die rok aan Mine gebou het!

Dankie dat ons jou met dit kon vertrou! Die rok het gestalte gekry en jou entoesiasme was aansteeklik! Die rok het ontvou in ‘n meesterswerk en ons is so dankbaar! Sien uit na nog ‘n spesiale matriekrok ervaring met ons tweede dogter!"

Vicky Neethling
2022